Taboe met aangeplakte glimlagte, geforseerde posserings, nuttelose skoengrootte-inligting en voorgee. Nou kan aanhangers ’n ander kant van hul gunsteling bekendes sien...

Die talentagentskap Talent-etc Artist Management Agency het onlangs ’n nuwe veldtog geloots waarin hul kliënte deur middel van ’n musiekvideo op ’n unieke manier aan die aanhangers bekendgestel word. Daar is 141 Suid-Afrikaanse glanspersoonlikhede wat in minder as 5 minute hul unieke persoonlikhede uitstraal en ’n kant van hulle wys waarvan meeste aanhangers glad nie bewus is nie. Donnalee Roberts, Bertha le Roux, Amalia Uys, Angelique Gerber, Jana Strydom, die Flooze, Willem Botha, Tim Theron en Stefan Ludik is maar net ’n paar van die bekendes wat aan dié veldtog deelneem.

 Lees meer oor dié veldtog

Kyk hier na dié video:

Kan jy jou gunsteling celeb in dié video sien?