Dié nuwe pa is vir die eerste keer sedert sy seun, prins George, se geboorte verlede maand weer terug op sy pos...

Sy glimlag was baie breed toe hy vanoggend by die Anglesey skougronde met plaaslike boere, skou-gangers en beoordelaars geselsies aangeknoop het. Toe hy so bietjie oor die klein Prins uitgevra is, het hy gespot en gesê: "Hy het omtrént `n stem aan hom, maar is vreeslik aantreklik. Gelukkig was daar nog net `n paar slapelose nagte..."

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George se eerste foto's binnekort hier!

William en Kate het die grootste deel van Kate se swangerskap in Anglesey deurgebring, waar hy tans `n reddingsvlieënier is. Kate en klein George kuier steeds by haar ouers in Berkshire. Met die geboorte van die koninklike kleinding, oorweeg Prins William dit baie sterk om terug te gaan Londen toe, waar hy by sy gesin kan wees.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Klik hier om uit te vind watter meubels Kate vir die babakamer gekoop het!

Bron: Hello