Gisteraand was die Kaapstadse première van die nuwe Afrikaanse fliek, Pad na jou hart. Dié prent, wat verlede week in Johannesburg bekend gestel is, begin op Valentynsdag in teaters draai.

Donnalee Roberts, wat ’n hoofrol in die fliek speel én medevervaardiger en -skrywer saam met Ivan Botha is, het ’n rok gedra wat deur haar vriendin Angelique Gerber ontwerp is. Sy het ook verlede week by die formele geleentheid in Johannesburg een van Angelique se ontwerpe aangehad.

Angelique sê dit was lekker om klere vir haar vriendin te maak- lees meer hier

Op die rooi tapyt by die Johannesburgse première

Die sterre van die fliek Pad na jou hart, Donnalee Roberts en Ivan Botha. FOTO: Twitter Die sterre van die fliek Pad na jou hart, Donnalee Roberts en Ivan Botha. FOTO: Twitter

Pad na jou hart vertel die storie van Basson van Rensburg wat dringend vanaf Johannesburg na Kaapstad moet kom as hy die nuwe hoof- uitvoerende beampte van sy pa se besigheid wil word. Maar langs die pad is daar ’n paar uitdagings. Om mee te begin, vlieg Basson nie. Wanneer hy die boheemse Amoré (gespeel deur Donnalee) ontmoet, spat die vonke. Skielik is die pad na Kaapstad ’n avontuur.

Kyk na dié eksklusiewe video's van Pad na jou hart

Danie Bester het die fliek vervaardig en Jaco Smit was die regisseur.

Danie, Jaco, Lelia, Ivan, Donna by martelize Danie Bester, Jaco Smit, Lelia Etsebeth, Jaco se meisie Candice Moir, Ivan Botha en Donnalee Roberts by RSG se Martelize Brink. FOTO: Twitter

Martelize Brink gesels oor die Gorillas in Rwanda

Kyk deur dié galery vir nog foto's van die première!