Paris was die afgelope tyd stil nadat sy in 2007 vir 45 dae tronk toe is*. Maar nou wil sy weer in die kollig wees. Sy het verlede jaar ’n liedjie bekend gestel om haar sangloopbaan op dreef te kry. Haar eerste album, Paris, is in 2006 vrygestel.

Met dié rok wou sy die verlede agter haar sit en vir almal laat weet sy is weer reg om in die kollig te wees. Nou kan jy jou mening gee – is Paris se uitrusting ’n treffer of ’n flop?

FOTO: Instagram @parishilton FOTO: Instagram @parishilton

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê: "Hier is iets eksperimenteels wat werk. Die wit is mooi en die vleeskleur-voering laat jou twee keer kyk. Daar is ook genoeg detail vir opwinding. Die balans van die ontwerp is in verhouding. Die rok is mooi van voor én agter. En haar hare lyk só mooi. Dit lyk byna soos haar come back-rok!"

*Paris moes tronk toe gaan omdat sy die hof se vereistes verontagsaam het. Sy het sonder ’n geldige lisensie bestuur nadat dít opgeskort is omdat sy onder die invloed van alkohol bestuur het. Sy het ook nie alkohol-bewustheidsklasse bygewoon wat die hof voorgeskryf het nie, volgens Wikipedia.