Wie sou kon dink Pat Lambie, wat ses maande gelede ’n ontstellende harsingskudding op die rugbyveld opgedoen het, sou ooit weer rugby speel?

Maar dié Saterdag kan Suid-Afrika regmaak om hom in aksie te sien as kaptein van die Bokke in die wedstryd teen die Barbarians op Wembley in Engeland. Sy eerste as Bokkaptein.

Sy vrou, Kate, ’n onderwyseres, sê: "Ek is so opgewonde om hom te sien speel. Hy leef vir rugby. Ons het al geleer om elke oomblik van elke rugbywedstryd te geniet – ek as toeskouer, hy as speler, want dit kan alles in ’n oomblik verby wees ..."

FOTO Verskaf FOTO Verskaf

Kate vertel sy fisieke toestand is tops.

"Hy het homself baie goed opgepas om te verseker dat hy met groot selfvertroue op die veld kan draf. Pat is gewoonlik kalm en level headed, maar dit is natuurlik om nie houtgerus te wees voor enige wedstryd nie. Maar hy is baie positief en het ’n sterk wil.’’

En ja, dit is vir haar "absoluut ongelooflik" om te dink hy het in so ’n mate herstel dat hy nou weer kan rugby speel.

Kate en Patrick Lambie. FOTO Verskaf FOTO Verskaf

Kate is nie iemand wat haar te veel bekommer oor wat moontlik kan verkeerdgaan op die veld nie.

"Nee wat, wat ook al gebeur, dit is buite my beheer. Ek weet hy berei goed voor en gee sy beste. Ek probeer om môre-aand (Vrydag) Londen toe te vlieg sodat ek by die wedstryd kan gaan kyk, maar wag nog vir my visum. Dit sny dinge maar fyn, so ek bid net dat ek dit betyds gaan kry. Ek is desperaat om daar te wees."

Kate en Pat op hul troudag in 2014

FOTO Twitter / @Ballzradio FOTO Twitter / @Ballzradio

Volgens Netwerk24 tel die volgende in sy guns:

– ’n Goeie temperament: Pat kan sy emosies goed beheer.

– Goeie aanvallende instinkte.

– ’n Staatmaker wat foute beperk.

Vir die volledige storie, lees Netwerk24.

Lees nou

Selfs CNN vier die kleurryke Bo-Kaap met sy geurige kos

2 Afrikaanse groot geeste gegroet

Dra jou choker sonder om soos ’n 12-jarige te lyk