Patrick Dempsey is die koffiekoning! Dié aantreklike Grey’s Anatomy-ster het vroeg vanjaar $9.15 miljoen (ongeveer R81 miljoen) spandeer om ’n koffie-kettingwinkel in Seattle te koop. Dié kettingwinkels sou oorgeneem word deur die koffiereus Starbucks wat na bewering mense se werke in gedrang sou plaas.

Patrick J Adams, Suits se Mike Ross, neem kiekies


Patrick Adams van die gewilde televisieprogram Suits is nie net ’n akteur nie, maar ook ’n talentvolle fotograaf! Kyk net deur sy tumblr-blad na sy mooi foto’s!

“My ma is nie gelukkig hieroor nie. Sy het baie geld spandeer sodat ek drama kon studeer en nou doen ek fotografie!” het dié Kanadees in ’n onderhoud gesê.

Daniel Day-Lewis

Daniel Day-Lewis

Toe dié Britse akteur in die negentigerjare ’n breuk van toneelspeel gevat het, het hy aan die voete van ’n vakman in Florence die kuns van skoenmaak geleer. Hy het daarna begin houtwerk doen en so baie van dié stokperdjie gehou dat hy filmstelle op sy vrou, die aktrise Rebecca Miller, se films begin bou het. Sy seun het begin dink dat dit sy pa se regte werk is!

Steven Seagal

Steven Segal

Steven weet nie net hoe om skobbejakke op die grootskerm vas te trek nie, maar ook in die regte lewe. Hy is ’n regte egte deputy sheriff in Texas én in Louisiana.

“Ek hou daarvan om op die straat te wees en mense te help.”

Tom Selleck verkoop sy avokado’s teen 'n kleiner wins...

Tom Selleck
Die legendariese Magnum P.I.-akteur besit ’n avokado-plaas in Kalifornië, maar ironies genoeg eet hy nie juis dié vrug nie. Hy sê ook die winsgrens van avokado’s is baie laag – nietemin plant hy dit op sy 8 hektaar plaas aan.

Bron: http://www.buzzfeed.com/