Die oud-Beatle sir Paul McCartney, wat gister 75 geword het, het gewis nog baie woema in hom.

Paul sit volgende maand sy wêreldwye One on One-toer voort, en dit het pas bekend geword dat koningin Elizabeth hom met die Orde van die Metgeselle van Eer-toekenning gaan vereer.

Hier is Paul verlede jaar by een van sy optredes, en dit lyk net nie of hy ouer word nie!

Ons vier sy verjaardag met drie van ons gunsteling-treffers:

1. The Beatles se "Let It Be"

Paul het die liedjie geskryf en gesing. Dis die eerste keer in 1970 vrygestel, net nadat die groep uitmekaargespat het.

2. Paul McCartney en The Frog Chorus se "We All Stand Together" (1983)

3. The Beatles se "Yesterday" (1965)

Nog ’n treffer uit Paul se pen. Hy het dit op 22 in die begindae van die groep geskryf.