In Junie 2017 het die Pasella-aanbieder Paul Rothmann en sy lewensmaat, Candice Boucher, saam met hul eersteling, Wolfe, op die voorblad van SARIE verskyn. Met Candice geklee in treffende geel en Paul wat sy seun trots vashou, was dit een van SARIE se gewildste voorblaaie van die jaar. 

FOTO Leana CR
FOTO Leana CR

Wolfe is nou drie jaar oud en yslik groot.

Kyk net hoe pragtig is die seuntjie:

FOTO Instagram / Candice Boucher
FOTO Instagram / Candice Boucher

Hulle is nie die enigste bekendes wie se kinders al in SARIE verskyn het nie. In ons Januarie 2018-uitgawe het verskeie bekendes met hul nuwelinge gespog.

Rozanne McKenzie

Die TV-aanbieder en radio-omroeper is saam met haar tweede kind, Fallon Ann, afgeneem.

FOTO Leana CR

Kyk hoe groot en oulik is sy nou. 

FOTO Instagram / Rozanne McKenzie

Rolanda Marais

DIe aktrise het in dieselfde uitgawe met haar eersteling, Charlotte, gespog.

FOTO Leana CR

Klein Charlotte lyk by die dag meer en meer soos haar talentvolle ma. 

FOTO Instagram / Rolanda Marais

Lika Berning

Die aktrise, wat tans in die tweede seisoen van kykNET se Die Byl te sien is, se jongste is te pragtig.

FOTO Leana CR

Ons wonder of klein Anneke in haar ma se voetspore gaan volg?

FOTO Instagram / Lika Berning

Vicky Davis

Die oud-aanbieder van Pasella en vervaardiger is saam met haar jongste, Luca, afgeneem.

FOTO Leana CR

Die oulike krulkop en sy ousus, Lira, is nou groot maats.

FOTO Instagram / Vicky Davis