Oorlede akteur Paul Walkerse broer Cody Walker is te sien in die Tweede Wêreldoorlog-rolprent USS Indianapolis: Men of Courage, berig People.

Variety berig dat dié fliek, wat volgende jaar bekend gestel word, geïnspireer is deur ware gebeure. Nicolas Cage vertolk een van die hoofrolle.

Die 27-jarige Cody het sy eerste verskyning op die grootskerm gemaak toe hy en sy broer, Caleb, gehelp het omPaul se laaste fliek, Furious 7, klaar te maak.

FOTO: Instagram @codywalkerroww Cody Walker op die stel van USS Indianapolis: Men of Courage
FOTO: Instagram @codywalkerroww

Verlede jaar het die skrywers bevestig dat Cody in opkomende Fast and the Furious-flieks sal verskyn: "Ter ere van Paul sal Cody die Walker-naam voortdra. Cody sal aansluit as ’n heel nuwe karakter."

Paul het aan die einde van 2013 in ’n motorongeluk gesterf.

Bronne: Variety en People

Lees nou