Die foto’s wys goue spieëls, pragtige kandelare en weelderige meubels. Daar was trollies vol peperduur uitrustings waaruit Penélope kon kies en keur, alles bloedrooi! Sy het beslis baie pret gehad saam met fotograaf Kristian Schuller!

Hoewel die tema van die 2013-kalender steeds onbekend is, het Penélope gesê dit is aangrypend en sjiek. Dis duidelik uit van die foto's dat dit baie anders as die 2012-kalender sal wees, wat die "Einde van die Wêreld" as tema gehad het, met model Milla Jovovich.

Die eindproduk, waarvan slegs 'n beperkte aantal gedruk sal word, sal by ’n rooitapyt-geleentheid in Milaan bekend gestel word.

Slegs 'n handjievol bekendes, onder wie Jessica Alba, Salma Hayek en Eva Mendes tel, het al die eer gehad om op die kalender se blaaie te pryk.

Penélope is tans ook besig met ’n wêreldtoer om die Woody Allen-fliek To Rome With Love, waarin sy die rol van Anna vertolk, te bemark. Sy speel binnekort ook in Pedro Almodóvar se komedie, I’m So Excited.

Klik hier vir foto's van die 2013-Campari-kalender se fotosessie