Die Spaanse aktrise wat swanger is met haar tweede kind, sal volgende jaar aan die 24ste Bond-film begin skiet. Penélope wat in April volgende jaar 40 jaar oud word, gaan die oudste Bond-meisie nóg wees. Haar man is die akteur, Javier Bardem.

Penélope is lankal reeds gevra om die Bond-meisie te wees, maar kon dit nooit weens ander verpligtinge doen nie. Sy is volgens gerugte baie opgewonde oor dié rol omdat sy haarself as aktrise wil uitdaag. Sy het in 2008 die Oscar-toekenning vir Beste Ondersteunende Aktrise gewen vir haar rol in Vicky Christina Barcelona.

Cruz gaan eersdaags geboorte skenk aan haar tweede kind, maar dít bekommer die filmmense min. 'n Bron wat aan die Bond-film werk, sê hulle is nie bekommerd dat Penélope se lyf nie gaan reg wees nie, omdat sy na haar eersteling vinnig haar vietse figuur terggekry het. Die bron het aan Daily Mail gesê:

Sy sal 'n baie goeie Bond-meisie wees. Bond-meisies is altyd slim én sexy - en dit is presies Penélope.

Dié Bond-film wat glo £100?miljoen (R1 500 miljoen) gaan kos om te verfilm, het nog nie 'n titel nie. Sam Mendes, wat Skyfall se regie behartig het, gaan volgens gerugte ook die regisseur van die volgende twee Bond-films wees, wat ook die laaste van Daniel Craig as James Bond gaan wees.

Die vorige oudste Bond-meisie is Honor Blackman wat op 39-jarige ouderdom Pussy Galore in Goldfinger (1962) vertolk het. Sy word steeds beskou as een van die beste Bond-meisies ooit.

Godlfinger