Dis daardie tyd van die jaar wat bekendes in die vermaakbedryf erkenning vir hul harde werk en talente kry.

Gisteraand was dit die jaarlikse E! People’s Choice-toekennings in Kalifornië. Die aand eer die bestes in die TV-, rolprent-, musiek- en popkultuurwêreld en wenners word aanlyn deur die publiek gekies.

Van die groot name wat vanjaar gewen het, is modeontwerper Victoria Beckham (mode-ikoon) en rapper Nicki Minaj (beste vroulike kunstenaar).

Die Kardashians het die toekenning gewen vir die beste realiteitsprogram – hoe dan anders?

Die grootste toekenning van die aand ­– dié van Ikoon ­van 2018 – het aan niemand anders gegaan nie as Melissa McCarthy. Sy is geëer vir haar bydrae tot film en komedie.

Maar natuurlik het aanhangers net oë gehad vir die uitrustings. Hier is van ons gunstelinge.

Victoria Beckham

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Kardashian-Jenners

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Rita Ora

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Mila Kunis

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Ksenija Lukich

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Scarlett Johansson

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Emeraude Toubia

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Chrissy Teigen

FOTO Getty Images/ Gallo Images