Pierre van Pletzen (7de Laan se Oubaas) se seun se geheime troue + FOTO'S

akkreditasie
SARIE.com het gister die foto's van Peach van Pletzen en Felicity Steenkamp se groot dag gepubliseer. Peach se stiefma, Sandra Vaugh, vertel vir ons meer oor dié spesiale dag ...

SARIE.com het gister die foto's van Peach van Pletzen en Felicity Steenkamp se groot dag gepubliseer. Peach se stiefma, Sandra Vaugh, vertel vir ons meer oor dié spesiale dag ...

Die sanger Pierrie-Henri “Peach” van Pletzen en sy model-bruid Felicity Steenkamp is in Amsterdam op wittebrood nadat hulle die naweek in die geheim afgehaak het.

Die intieme troue, met net 30 gaste, is by Felicity se ouers, Gill en Ken, se huis in Pretoria gehou, vertel skrywer-aktrise Sandra Vaughn, Peach se stiefma. (Peach is die seun van Pierre van Pletzen - 7de Laan se Oubaas; en aktrise Elzette Maarschalk).

“Dit was die pragtigste, mees romantiese troue,” vertel Sandra. “Dit was ontpretensieus, stylvol en het ’n middeleeuse gevoel gehad. Daar was nie reëls nie, almal was ontspanne, ons het buite in die tuin op swaaie gesit en later lekker gekuier. Selfs die Steenkamps se Yorkies en skaaphonde was deel van die partytjie! Dit was net wonderlik.”

Felicity, ’n voormalige internasionale model wat deesdae sjef is, se ma het haar rok gemaak en sy’t self haar hare en grimering gedoen. Haar blommemeisies het ligpers rokke gedra. “Elke vrouelike gas het ’n gipskruid-blommekransie gekry om te dra.”

Peach se band, Bittereinder, het heeltyd foto’s geneem. “Daar was nie ’n amptelike fotograaf nie.”

Die bruidspaar het hul gaste met ’n geïmproviseerde, onkonvensionele eerste dans verras. “Ons het almal geskaterlag, dit was baie oulik. Peach se toespraak het almal, veral sy sussie Zetske (die voormalige 7de Laan-aktrise) in trane gehad. Haar man, (die akteur) Altus Theart, was die seremoniemeester. Pierre het die tafelgebed gedoen.”

Ná die wittebrood sal die egpaar na hul huis in Pretoria terugkeer. “Peach het gesê hy wil sy vrou Amsterdam toe vat sodat hulle kan fiets ry en bier drink,” sê Sandra. Ons is so bly vir hulle. Dis twee wonderlike mense wat mekaar gevind het. Pierre is so trots.”

Pierre-Henri "Peach" van Pletzen saam met sy pa, Pierre, op sy troudag Pierre-Henri "Peach" van Pletzen saam met sy pa, Pierre

Pierre saam met sy nuwe skoondogter, Felicity Pierre saam met sy nuwe skoondogter, Felicity

Zetske van Pletzen en haar nuwe skoonsus Felicity Zetske van Pletzen en haar nuwe skoonsus Felicity

Trotse pa Pierre saam met sy seun Peach en skoonseun Altus Theart (links) Trotse pa Pierre saam met sy seun Peach en skoonseun Altus Theart (links)

Peach se ma, Elzette Maarschalk saam met haar man, die sanger Joseph Clark Peach se ma, Elzette Maarschalk saam met haar man, die sanger Joseph Clark

Felicity saam met Peach se stiefma, Sandra Vaughn Felicity en Sandra

Peach en Felicity soen vir die kamera Peach en Felicity soen vir die kamera

 Hanna Grobler en sanger Bok van Blerk het ook in die geheim getrou - lees meer hier

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees