Klein Luné het haar Maandag by die res van die Koen-familie in Pretoria aangesluit. Haar aankoms is 'n groot vreugde vir die gesin. Dit gaan goed met Lottie en Pieter is voorwaar trots op sy nuweling.

"Ek bring my kant met nasiebou," sê hy. Luné is die derde van die Koen-kroos en ook nou die laaste, reken Pieter.

Ons sal maar sien wat die ooievaar hiervan dink...

Luné Koen