Pippa Middleton se werksonderhoud is seker meer opwindend as die laaste werksonderhoud waarop jy was.

Geen kantore en sweterige palms vir die jonger suster van Kate, die hertogin van Cambridge, nie. Nee, Pippa het saam met die mense van Wyoming, in die middel van Amerika, partytjie gehou vir haar werksonderhoud.

Sonder haar ontwerpersklere en in cowboy-drag het dié 31-jarige saam met die mense partytjie gehou en ’n insetsel geskiet vir die gewilde TV-program Today. En as die insetsel die netwerkbase beïndruk, gaan Pippa ’n gereelde gesig op die program wees.

Pippa het vroeër vanjaar haar eerste TV-onderhoud op dié program gehad en die kykersgetalle het die hoogte ingeskiet.

Inwoners van Wyoming het foto's van Pippa se besoek op sosiale media gedeel.

Ok last one... For tonight. #pippamiddleton A video posted by emilyarbegust (@emilyarbegust) on

Pippa werk deeltyds by haar ouers se besigheid, Party Pieces, waar sy redakteur is van die aanlyn-tydskrif. Sy het ook al 'n boek, Celebrate, geskryf en werk as bydraende redakteur vir Vanity Fair. Sy het voorheen rubrieke vir The Sunday Telegraph en Waitrose Kitchen geskryf

Pippa is nie die eerste mens met koninklike konneksies wat in die TV-bedryf gaan werk nie. Charles Spencer, wyle prinses Diana se broer, het in die 1980's vir NBC gewerk en prins Edward het in 1993 sy eie vervaardigingsmaatskappy gestig.

Bronne: Hello! en NY Daily News

Lees ook