As ons die gerugte moet glo is Pippa en die bankier Nico Jackson verloof - al vir 'n maand lank! Hulle wag glo vir haar verjaarsdag (6 September) om hul verlowing aan te kondig, omdat hulle nie klein George se kollig wou steel nie. Maar 'n vriend kon blykbaar nie dié geheim hou nie. Hy het gesê:
Pippa het gesien hoe Kate by die kansel afstap en nou is dit haar beurt vir haar droomtroue. Sy is seker Nico is die regte man vir haar. Hulle pas baie goed bymekaar en hulle families kom ook goed oor die weg. Ons almal is baie gelukkig vir Pippa en Nico.

Wat is in Pippa se romantiese piekniekmandjie en met wie wil sy dit deel?

Dié paartjie gaan sowat 6 maande uit, maar hulle romanse was witwarm van die begin af.

pippa_300_310w

Ons wonder of Kate 'n bruidsmeisie gaan wees, en watter rol George by sy tannie se troue gaan speel ...

Bron: Perez Hilton