Die meeste van ons wens dat ons agterstewe eintlik bietjie kleiner is, maar daar is ’n nuwe tendens: vroue laat vet in hul boude inplant. En hul inspirasie? Die TV-persoonlikheid Kim Kardashian se bekende sitvlak.

Plastiese chirurge was gewoond daaraan om bietjie vet in te plant om boude meer te lig, maar om dit soos Kim s'n te laat lyk is nou die in-ding, volgens Daily Mail.Britse vroue wat hul boude wil verbeter deur kosmetiese chirurgie vra nou vir "The Kim".

Die Britse plastiese chirurg prof. dr. Fuat Yuksel het navorsing laat doen oor dié tendens. Die bevinding was dat vroue in die verlede ’n "Brazilian butt lift" wou hê, maar die afgelope 12 maande het hulle al hoe meer vir "The Kim" begin vra.

Hoewel Kim al gesê het dat sy geen werk aan haar eie sitvlak laat doen nie, beweer bronne dat sy al £12 000 (sowat R211 000) aan inspuitings spandeer het om haar boude meer ... uhm  ...  prominent te maak.

Wie kan dié boud-selfie wat sy net ná haar swangerskap gedeel het, vergeet? Dit het selfs sy eie woord gekry, die "belfie"!

FOTO: Instagram @kimkardashian FOTO: Instagram @kimkardashian

En haar trourok het ook haar sitvlak beklemtoon

FOTO: Instagram  riccardotisci17  FOTO: Instagram riccardotisci17

Bron: Daily Mail