Kamera, ligte, aksie! Die verfilming van die nuwe Afrikaanse fliek, Platteland, het Vrydag 9 Januarie 2011 in die Vrystaatse dorp, Vrede, begin. Platteland is die 'breinkind' van Sean Else en Deon Opperman en sluit 'n imposante groep Afrikaanse akteurs in. Platteland handel oor 'n boervrou wat byna als verloor en van voor af op haar eie moet begin.
Die twee hoofrolle word deur Bok van Blerk en Lianie May vertolk. Daar is 'n hele paar "sangers wat hulle lyf akteur hou", soos Steve op sy Facebook-blad sê! Behalwe vir die twee hoofrolle kan jy ook vir Steve self, Jay du Plessis, Vaughn Gardiner en Karlien van Jaarsveld in dié fliek sien. Hanna Grobler speel Steve se gold digger-vrou. Sy sê in 'n vorige onderhoud op sarie.com: “Ek het nog altyd goeie meisies gespeel, maar dié keer is dit glad nie die geval nie!” Izak Davel het dít op sy Facebook-blad gesê: "...Ek's op die stel van die nuwe fliek Platteland vandag. Vroegoggend al begin... dis baie exciting!" Paul Lückhoff (ook in Stander), Ivan Zimmerman (Koert Weideman van Egoli) en Annette Engelbrecht (Maggie van Tonder in Orkney Snork Nie) is ook te sien. Ook SARIE se styl-en sosiale redakteur, Fanie Cronje, het 'n rol! (Hou sarie.com dop vir meer hieroor)
AGTER-DIE-SKERMS-AKSIE

Aksie in die strate van Vrede
Op stel
Steve en Lianie Steve en Lianie
Andre, Steve, Mia & Jay
Andre, Steve, Mia & Jay

Izak Davel en Ivan Zimmerman

"Ek vang 'n bietjie op oor koffie met Lianie May en Ashley op die stel van Platteland."- Izak Davel
(Facebook)

Steve en Lianie hou behoorlik dagboek van die verfilming op hulle Facebook-bladsye: Hier's van die inskrywings tydens die eerste paar dae van verfilming:
LIANIE MAY
11 Januarie 2011 "Ons is op Vrede, besig om te skiet aan die fliek Platteland, wat Junie vrygestel word! Gister my eerste scene gehad teenoor Steve Hofmeyr! Wat `n ongelooflike akteur en mens, ek was `n groot fan van Agter elke man, ...nou act ek teenoor hom. Al die akteurs is great, die produksiespan is great, Sean Else is great, wat `n voorreg om deel te kan wees van hierdie fliek! Ons is hier tot 31 Januarie! Hou julle op hoogte, lief jul xxx"

13 Januarie 2011

Het gister `n hele dag scene shoot gehad in die bank, in Vrede, daar was nie vrede nie...ha ha, baie spanningsvolle toneel gewees, heel dag, maar so die moeite werd met Steve, David Clatworthy, Andre Odendaal (ook ons great acting coach), Paul Luckhoff-almal legends, Izal Davel, wat `n briljant scene, Ashley Saunders, Neels Clasen, Wynand van Vollenstee, great akteurs! Dankie ook aan Tannie Kriek, Oom Japie, Johan Bothma en die ekstra's vir jul bydrae! Ons waardeer dit so! Wat meer kan ek sê, soveel wonderlike akteurs, great hardwerkende produksiespan, make-up,wardrobe! Ongelooflike harde werk van Sean Else, kan nie wag vir die eindproduk! xxxxxx

14 Januarie 2011

Nog `n dag op stel van Platteland vandag, het `n toneel gehad teenoor Vaughn Gardiner (wat `n wonderlike entjie mens met baie talent) en julle sal nie glo `n toneel teenoor Maggie van Tonder van Orkney Snork nie (Annette Engelbreght), vir my - Tannie Annette, so so voorreg, ek was `n groot Fan van Orkney Snork nie, sy is nog dieselfde, wonderlike talentvolle mens, ek kan nie glo ek ontmoet al hierdie legendes nie! More rehearsal heel dag, Sondag skiet ons toneel tussen my en Steve, ek leer so baie! Was altyd `n droom om te act! I am blessed! Lekker nagrus vir julle almal, lief jul. 15 Januarie 2011 More oggend vroeg opstaan, ja julle het reg geraai: make-up en hare eerste ding! Dan die toneel wat ons skiet tussen my Steve! Vir julle wat gevra het, die fliek se naam is Platteland wat Junie/Julie op die big screen sal begin wys, ons sal jul op hoogte hou! Lekker slapies almal...dankie vir een en elke boodskap, mooi... wense en omgee en ondersteuning....dit beteken so so so baie! Lief julle xxx

STEVE HOFMEYR

Dag een, Sondag 9 January 2011

Eerste dag op stel. Ek werk my vrek vanaf 05.30 tot 19.00. Op die foto kan jy vir Bok sien in die eerste toneel in 'n fliek (teenoor my). Het al amper die hele Vrede ontmoet. Ek's lus en leer hulle 'n optog reël in protes teen hul eie padgate. Ek love die Vrystaat. More is dit ek, Lianie en Jay, ook sy eerste fliek. Vroeg ini bed. x

Dag twee, Mandag 10 January 2011

Dag twee dou voor dag. Een vitamine B inspuiting en 'n taai toneel tussen myself en Jay (my seun). Ons sing ook saam. Hy's 'n sterk jong akteur. Sean direct soos 'n skeepskaptein. O ja,daars 'n leeu buite my slaap kamer. Dag drie, Dinsdag 11 January 2011 Die dorpie Vrede is in rep & roer. Ons is in dag 3 met die verfilming van Platteland. Ek geniet my knorrige bad-ass rol baie, moes selfs gister pyp rook, maar dis 'daai sangers wat hul lyf akteur hou', wat jou asem gaan wegslaan. Jay, Lianie & Bok, knap werk. Dis 'n mooi dorp die met mooi mense en opgedonnerde paaie. Ek reël sommer 'n optog. Ek plaas later foto's. Tussen in lekker chats gehad met Ivan Zimmerman. Talentvolle man. Na more is ek 2 dae af. MOET Jhb toe om my seuns te gaan sien. Ek skiet hierdie fliek met brongitis onder lede. Dit maak alles moeiliker. Dag 4: Goeie ding ons skiet binnekant anders het Vrede se son ons gekou. Gister het ek saam met Paul Lukoff, Izak Davel & Lianie May binne 'n bank gewerk. Ek moet so ses bladsye dialoog leer. Daar heers 'n geweldige gees tussen almal. Jy weet as jy werk aan iets wat 'n verskil gaan maak. Ek dink ek het al blad geskud met die helfte van Vrede. Die dorpenaars maak ons werk maklik. Drie dae af van vandag af. Vrede sien my eers Sondag weer.  Dag 7: Vroeg Sondag aksie in die strate van Vrede. So 70 ekstras was vandag hier om op en af te loop. Dis taai werk vir enkele sekondes op die skerm. Ek sien (en onthou) hoe die jonger akteurs nie kan wag vir aksie en jaag tonele nie. Harde maar goeie dag op stel. Dan terug jaag Jhb toe. Vanoggend Kaap toe vir die skip ...Walvisbaai toe. As jy my langs die pad kry, gee my 'n Super C. Hier staan hy... Mike Ferreira. Bliksem van formaat.