Beyoncé se suster, Solange, ook ’n sanger, is Sondag getroud met haar 51-jarige verloofde, die musiekvideo-regisseur Alan Ferguson. Die hele Knowles-familie het wit gedra vir dié spoggerige okkasie.

Solange en Ferguson het by die seremonie aangekom op witgeverfde fietse wat met roomkleurige rose versier is. Die bruid was geklee in ’n wit eenstuk deur Stéphane Rolland. Sy dra ook dié uitrusting op die foto's wat voor die troue geneem is.

Haar hele familie, insluitend die mans, het wit gedra. Op die foto hieronder dra Solange ’n wit rok deur Humberto Leon vir Kenzo. Aan weerskante van haar staan Beyoncé (links op die foto) en hul ma, Tina Knowles.

Die vrouens in die Knwles-familie. FOTO: Rog Walker vir Vogue Die vroue in die Knowles-familie. FOTO: Rog Walker vir Vogue

'n Paar bekende sangers het gesorg vir die vermaak tydens die trou-naweek in New Orleans. Solange en haar 10-jarige seun, Daniel Julez, het ook glo die gaste trakteer op ’n danskompetisie.

Vir meer foto's, besoek Vogue.

Bronne: Vogue en E! Online