Naas Bill Clinton, het nog vyf ander 50 geword gedurende hul termyn. Hulle is James Polk, Franklin Pierce, Ulysses Grant, Grover Cleveland en Theodore Roosevelt. Nog twee dienende presidente, James Garfield en John Kennedy, is vermoor voordat hulle 50 geword het.

Obama het reeds gisteraand sy verjaardag met twee geldinsamelingspartytjies vir sy veldtog om in 2012 weer as president gekies te word, in Chicago gevier. By die een het 1 500 mense $50 (sowat R350) elk betaal om te hoor hoe die sangers Jennifer Hudson en Herbie Hancock "Happy Birthday" vir die president sing. By die tweede het 100 mense $35 800 (sowat R250 000) elk betaal om aandete saam met hom te eet.

Obama het aan die Washington Post vertel dat hy wel gryser is as toe hy as president ingesweer is, maar verder voel hy baie goed.

Klik hier vir ’n foto-album van sy loopbaan

Verskeie Amerikaanse koerante het ook vandag spotprente in oor die groot mylpaal in Obama se lewe. Ons hou veral van hierdie een, deur Tim Toles. Mense kan hier invul wat hulle dink die president behoort te wens en dit instuur:

Spotprent

WAT SOU JY IN DAARDIE BORREL INVUL?