Pretoria kry nou uiteindelik die geleentheid om die kunste te vier met hul eie volwaardige Nasionale Kunstefees met al die fasette van ander feeste en vele meer!

Die Jakaranda Nasionale Kunstefees vind plaas op die Harlequins-Klubgrond en Crawford College-grond in Groenkloof, Pretoria vanaf 26 April tot 2 Mei 2010 en almal, jonk en oud, is welkom.

Pretorianers kan hulself voorberei vir 'n week van die beste vermaak vir almal se smaak. Die fees bied die beste van SA kunstenaars van sangers, akteurs, dansers tot beeldende kunstenaars.

Hier is 'n paar goed waarna jy solank kan uitsien:


Maandag 26 April skop hulle sommer dadelik af met die Vonkwenners op die hoofverhoog.
Daar is ook 'n "Sterre van Weleer"-galageleentheid die aand.
Die Rekord hou ook Saterdag 24 April 'n "Face of Jacaranda"-skoonheidskompetisie.
Die Castle-buiteverhoog skop daagliks af vanaf 11h00 tot 17h00 waarna al die aksie na die hoofverhoog vanaf 17h00 tot 23h00 verskuif met verskeie bekroonde produksies.
Voila van Chris Chameleon, Ditsem se Watsem van Deon Coetzee, Miss Africa South van Vinette Ebrahim is maar ván die produksies wat te sien gaan wees. Groot name soos Koos Kombuis, Danie Niehaus, Albert Maritz, Anna Davel en Deon Opperman het ook reeds  hul deelname bevestig.

Met 'n verskeidenheid topgehalte uitstallers, hope kindervermaak, 'n lagtent met dansvloer, hope te drinke en te ete is dit inderdaad 'n fees wat jy nie moet misloop nie.

Besoek die Jakaranda Nasionale Kunstefees se webtuiste vir meer inligting.