Die Britse tydskrif, Hello!, het vandag (21 Julie) berig dat die 53-jarige Prins Albert diegene wat gerugte oor dreigende ongelukkigheid in sy huwelik versprei, veroordeel. Sy vrou, Prinses Charlene, was aan sy sy toe hy die verteenwoordigers van drie nuusagentskappe toegespreek het. Die paartjie het pas van hul wittebrood teruggekeer.

"Ons wil ons ontsteltenis oor dié gerugte uitspreek. Dis ondraaglik!" Hy het ook 'n dwarsklap na die media gegee omdat hulle onbevestigde inligting as feite aan die publiek opdis.

"Ek het nog altyd die vryheid van spraak gerespekteer, maar die verspreiding van valse gerugte is 'n kriminele oortreding wat gestraf kan word," het Prins Albert gesê.