Die doel van die besoek is volgens die Britse Hoë Kommissie die bevordering van onderlinge handel en beleggingsmoontlikhede tussen Brittanje en SA. Hulle gaan onder meer die plaaslike kantoor van die Wêreld-Natuurfonds, waarvan prins Charles die president in die Verenigde Koningryk is, besoek.

Die prins se vorige amptelike SA besoek was in 1997 saam met prins Harry, en dit is die hertogin van Cornwallis se eerste een. Sy het wel al voorheen hier vakansie gehou. Hulle gaan Pretoria, Johannesburg, KwaZulu-Natal en Kaapstad besoek.

Charles en Camilla gaan ook die Nelson Mandela-stigting besoek. Maar hulle gaan nie vir Madiba ontmoet nie, want hy is steeds op sy geboortedorp, Qunu, in die Oos-Kaap.

Ná hul SA besoek vertrek hulle na Tanzanië.