Volgens Hello! gaan William en Kate se klein George saam met hul hond, Lupo, in ’n prettige kinderboek verskyn.

Die koninklike paartjie William en Kate se swart cockerspanjoel, Lupo, is reeds bekend onder talle mense. Daarom was die idee van ’n vriendelike hond se lewe in ’n paleis vir skrywer Aby King so aantreklik dat sy besluit het om ’n kinderboek daaroor te skryf.

FOTO: Gallo Images / Getty Images William, Kate, George en Lupo FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die eerste boek in die reeks is getiteld, The Adventures of a Royal Dog: Lupo and The Secret of Windsor Castle. Die storie is natuurlik heeltemal fiktief en volg Lupo in sy weelderige lewe. Die leser beleef onder meer hoe hy in die park gaan stap en geheime gange in die paleis ontdek.

Hoewel Aby ook William en Kate se name in die boek noem, fokus die storie meestal op Lupo en sy sterk band met prins George.

Aby het onlangs ook die tweede boek in die reeks voltooi, maar dit is nog nie gepubliseer nie. Sy weet nog nie hoeveel boeke sy oor prins George en Lupo beplan nie.

Lupo