Die nuwe pa prins William het net gister teruggekeer werk toe en sy mond verbygepraat oor klein George se eerste oorsese uitstappie ...

Toe William gister met die opgewonde skare by die Anglesey Landbouskou gesels het, het hy aan 'n Australiese egpaar genoem dat sy gesin volgende jaar in Australië 'n draai gaan maak.

Lees hier oor William se eerste dag by die werk

William was maar net 9 maande oud toe hy in 1983 ook vir sy eerste oorsese uitstappie saam met sy ouers Australië toe is. George gaan ook min of meer dieselfde ouderdom wees wanneer William en Kate volgende jaar 'n amptelike besoek aan Australië aflê.

Nóg ooreenkomste

William en Kate het ook met George in hul arms die hospitaal op 'n soortgelyke manier verlaat as wat Charles en Diana in 1982 gedoen het. Kyk net na die ooreenkomste in die video's hieronder:

Charles, Diana en William in 1982:

William, Kate (ook in 'n polkakolrok!) en George in 2013:

Bron: HELLO!