Prins Harry gaan langer in die Kaap bly voordat sy ekspedisie van die Suidpool ten bate van liefdadigheid begin.

Prins Harry en sy span kon gister nie Antartika toe vlieg nie, weens slegte kondisies en sterk wind in Antartika. Harry beplan ’n ekspedisie na die Suidpool en sy span bestaan uit beseerde Britse oud-soldate.

Sy span ding mee teen beseerde Amerikaanse oorlog-veterane onder leiding van die True Blood-akteur Alexander Skarsgård én die Gemenebes-span wat ook uit beseerde soldate bestaan en gelei word deur die The Wire-akteur Dominic West.

Hulle beoog om 30 November hul 335 km-reis aan te pak en binne 16 dae hul bestemming te bereik. Hulle moet egter so gou moontlik in Antartika kom sodat hulle kan akklimatiseer vóór dié moeilike uitdaging afskop.

Alle geld wat ingesamel word befonds beseerde soldate in die lande wat verteenwoordig word.

Kyk hier na foto's van Harry in die Kaap

Bron: WENN