Prins William, Kate, hertogin van Cambridge, prins George (4) en prinses Charlotte (3) het saam met ander lede van die koninklike familie bymekaar gekom vir die doop van klein prins Louis.

FOTO Instagram/ Kensington Royal
FOTO Instagram
FOTO Instagram

Die jongste lid van die gesin, wat op omtrent al die foto's rustig in sy ma se arms slaap, het dieselfde koninklike dooprok as sy ouer boetie en sussie gedra. Die historiese kantrok, bekend as die Honiton, is al deur 62 koninklike babas gedra, onder wie koningin Elizabeth en prinse Charles, William en Harry. 

FOTO Instagram/ Kensington Royal
FOTO Instagram

Kate het soos altyd stylvol gelyk in 'n roomwit rok en 'n interessante bypassende hoed met wit blomme op haar kop. Skoonsus Meghan, hertogin van Sussex, het ewe mooi in 'n olyfgroen uitrusting gelyk. 

FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram

Ná die doop het die trotse ouers 'n intieme tee by Clarence-huis gehou. 'n Laag van hul troukoek van 2011 is aan gaste voorgesit.

Volgens Harper's Bazaar is dit koninklike tradisie dat 'n paartjie se troukoek vir hul eerste kind se doop gehou word. Maar William en Kate het besluit om 'n laag vir elk van hul kinders te hou.