Al waaiend het prins Louis Saterdag in sy ma, Kate Middleton, hertogin van Cambridge, se arms gesit. En dan eenklaps weer op sy pa, prins William, hertog van Cambridge, se heup. Die Britse koninklike familie het saam op die balkon van die Buckinghampaleis verskyn vir die jaarlikse Trooping of the Colour-plegtigheid waartydens koningin Elizabeth II se verjaardag amptelik in Londen gevier word.

FOTO Instagram / Sussex Royal
FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram


Al vier geslagte van die koninklike familie was by die militêre parade waaraan 1 500 offisiere en 300 perde deelgeneem het. Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, wat verlede maand die lewe aan haar en prins Harry se eersteling, Archie, geskenk het, was ook daar. Sy was stylvol geklee in vlootblou, terwyl skoonsus Kate liggeel gedra het. 

FOTO Instagram / Kensington Royal
FOTO Instagram / Sussex Royal

Kyk net die kostelike oomblik van die waaiende prins Louis: