Die www.dailymail.co.uk berig dat sowat 2 biljoen mense dié dag ingeskakel het om die troue van die dekade te kyk. En vir hulle eerste huweliksherdenking verkies die koninklike paartjie om die dag stil deur te bring, veral ná Prins William se ses weke-lange diensplig in die Falkland-eilande vroeër dié jaar.

Volgens 'n vriend van die paartjie gaan hulle heel moontlik ontspan met 'n heerlike ete wat William voorberei het en 'n DVD. Kate maak geen geheim daarvan dat sy kookvernuf een van die dinge was wat haar uitgeboul het.

Die twee was gisteraand (25 April) weer stylvol op die rooi tapyt tydens die première van die Disney dokumentêre fliek, African Cats. Kate het soos altyd elegant gelyk, dié keer in 'n peplum-rok met turkoois stene-detail deur Matthew Williamson. Die geleentheid is gehou ten bate van Prins William se Tusk Trust.

Tydens hul eerste huweliksjaar het William en Kate die harte van die Britte gesteel, maar ook baie suksesvolle koninklike besoeke afgelê na Kanada en Amerika verlede jaar. Ons sien uit na nog baie jare van geluk en 'magic'!

* Waar was jy toe jy die koninklike troue destyds gekyk het?