Die afgelope twee maande was 'n warrelwind van geleenthede en formele uitrustings met sy ouma, Koningin Elizabeth, se diamant-jubileum, haar amptelike verjaarsdag op 16 Junie, gister (18 Junie) se Order of the Garter Service by die Windsor-kasteel, sy en Kate se eerste huweliksherdenking en natuurlik die Olimpiese Spele wat 27 Julie in Londen afskop.

Dertig jaar gelede, 21 Junie 1982, is Prins William, seun van wyle Prinses Diana en Prins Charles en die toekomstige koning van Brittanje, in die St. Mary's-hospitaal in Londen gebore. Hy het letterlik voor ons almal se oë groot geword – en het hy nie mooi groot geword nie!

Prins William en sy hond

Sy eie pa, Prins Charles, was op sy dertigste nog ongetroud en die druk om 'n vrou te kies het toenemend groter geword. Hy en Lady Diana Spencer (toe 21 jaar oud) is drie jaar later getroud.

William het onlangs in 'n openhartige onderhoud met ABC-aanbieder, Katie Couric, gesê dat dit vir hom en Kate belangrik is om binnekort 'n gesin van hul eie te hê. Vroeër dié jaar het hul gesin wel uitgebrei met hul viervoetige 'kind', die hond Lupo.

Prins William en Lupo

Kate is na bewering ook besig om met sy beste vriende en familie te koukus oor hoe om hierdie groot verjaarsdag 'n onvergeetlike een vir hom te maak.

Kan jy hierdie prag-oomblikke uit Prins William se lewe onthou?

WATTER OOMBLIK UIT SY LEWE STAAN VIR JOU UIT?

Facebook-vriend Heste Janse van Rensburg het ons herinner aan die oomblik toe Prinses Diana 'n huilende baba William tydens sy doop met haar pinkie vertroos het! Kyk dit hier: