Af met sy kop! 

Nie heeltemal nie ... Maar toe prinses Beatrice as ’n grap haar vriend James Blunt tot ridder wou slaan, het Ed Sheeran, wat ook in die geselskap was, tweede gekom. 

Dié groep vriende was by ’n partytjie by die Royal Lodge in Windsor, Engeland. Sanger James Blunt het met Beatrice gegrap dat hy nou sir James wil wees. Die 28-jarige Beatrice het ’n seremoniële swaard gevat en kamstig vir James tot ridder geslaan ... En dís waar die probleem begin het.

Ongelukkig vir die rooikopsanger Ed Sheeran was hy te na aan die "seremonie" en die swaard het sy wang geskaaf. Soos die Engelse media tong in die kies skryf - the sword was not Blunt.

FOTO: James (middel) en Beatrice (regs) by 'n geleentheid vroeër vanjaar. By hulle sit die model Arizona Muse

Ed het nog niks oor die insident gesê nie, maar het die situasie glo goed hanteer en neem Beatrice nie kwalik nie. Die sanger Andy Patterson het dié foto gedeel, waarop die sny op Ed se wang duidelik gesien kan word.

Prinses Beatrice van York is die oudste dogter van prins Andrew en sy eksvrou, Sarah, hertogin van York. Prins Andrew is die derde kind van koningin Elizabeth II en prins Philip, hertog van Edinburg.

Bronne: The Star, Page Six

Lees nou

Prins Harry tot ridder geslaan

Jy sal nie glo watter bekendes ‘sir’ is nie

Prins Harry veg teen stropers in Krugerwildtuin