Terwyl die Suid-Afrikaanse swemmer Charlene Wittstock in 2011 in trane na die kansel stap, het die gerugte dat sy 'n ongelukkige bruid is, reeds wêreldwyd opskrifte gehaal. In haar Armani-rok wat blykbaar 2 500 ure geneem het om te maak, het die trane by haar wange afgerol toe sy voor 'n globale gehoor van miljoene trou aan prins Albert van Monaco II beloof het.

FOTO'S: Prinses Charlene ontmoet Pous en herinner aan Grace Kelly (foto regs)

Prinses Charlene
Prinses Charlene

Die gerugte was dat sy nie met prins Albert wou trou nie, dat hulle baklei het kort vóór die troue, dat sy wou weghardloop én dat haar paspoort afgeneem is, sodat sy nie kon vlieg nie. Volgens haar is dít alles leuens.

"Alles was net baie oorweldigend en daar was baie gemengde emosies oor al die skinderstories. Natuurlik het die druk opgebou en ek het in trane uitgebars onmiddelik ná die seremonie ... En toe huil ek eerder omdat ek gedink het 'Ag nee, nou het die hele wêreld gesien ek huil'."

Ten spyte van die opslae wat dié gerugte en haar trane veroorsaak het, het sy steeds goeie herinneringe van dié dag.

Charlene Wittstock se interessante familiegeskiedenis

"Dit was 'n wonderlike drie dae. Ek het na die tyd terugflitse gekry en gedink 'Sjoe, het The Eagles regtig by mý troue gespeel?' Ek dink terug en wonder hoe ek dit deurgemaak het. Daar was so baie wat aangegaan het. Maar dit was mooi, en sentimenteel, ek het my mees intieme oomblik met die wêreld gedeel."

Sedert haar troue het sy haar rol as koninklike met albei hande aangegryp en bande met Europese koninklikes probeer versterk. Sy het ook 'n goeie vriendin in die koningin van Nederland, Maxima, gekry. "Omdat sy van Argentinië na Holland gegaan het, het ons soortgelyke leefstylkeuses gemaak. Sy gee my raad waarmee ek kan identifiseer."

FOTO'S: Prinses Charlene en haar prins gelukkig in Durban

Charlene het weer gesê dat sy graag wil kinders hê. Maar dat sy geen druk op haarself plaas nie. "As dit moet gebeur, sal dit gebeur."

Prinses Charlene

Addisionele bronne: Daily Mail