Prinses Charlene en Prins Albert het hul eerste mylpaal as getroude paartjie oorgesteek. Hul huweliksbootjie se eerste seereis het in redelike rowwe waters begin met hardnekkige gerugte dat sy nét voor die troue probeer vlug het. Haar vreemde gedrag tydens die seremonie in die kerk het almal aan die wonder en bekommerd gehad.

Selfs op die modefront het haar voorliefde vir 'n somber kleurpalet haar gesigsuitdrukkings ge-eggo. Ook by die koninklike paartjie se verskyning by die Oscars verlede jaar het sy, sonder 'n teken van 'n glimlag, op die rooi tapyt verskyn in haar 'veilige' keuse deur een van haar gunsteling ontwerpers, Akris.

Maar onlangs ná 'n nuwe, meer moderne haarstyl en haar glansryke voorkoms (ja, moet bloedrooi lippe!) by die 2012 Monaco Grand Prix het opskrifte wêreldwyd gejuig dat die ou Charlene terug is!

Prinses Charlene en Prins Albert glansryk by die Monao Grand Prix 2012

Dís wat Prins Albert oor sy vrou te sê gehad het op hul eerste huweliksherdenking:

"Ons is werklik gelukkig en voel of ons gister getroud is. Ek is baie trots op wat my vrou hierdie afgelope jaar vermag het. Die skepping van haar Stigting ten bate van kinders en sport, en haar betrokkenheid deur haar nuwe rol in Monaco. Sy vertolk dié moeilike rol perfek en daarvoor sê ek baie dankie."

Toe Prins Albert se ouers, Prins Rainier en Prinses Grace, hul eerste huweliksherdenking gevier het, was hul reeds die ouers van Prinses Caroline wat sowat 9 maande ná hul troue gebore is. Die pers bespiegel dat die druk op Prinses Charlene om swanger te raak haar erg depressief maak.

Ons hoop van harte dat hierdie slegs gerugte is . . .