Monaco se prinses Charlene sê sy was dolverlief op haar en prins Albert se tweeling toe sy hulle die eerste keer vasgehou het. Só berig People.com.

Gabriella en Jacques is steeds in die hospitaal ná hulle op 10 Desember twee weke te vroeg gebore was. "Die emosie was oorweldigend," het sy aan Paris Match-tydskrif vertel. Dit is nog nie duidelik wanneer die tweeling huis toe mag gaan nie.

"Ek het skielik baie beskermd geraak. En om hulle te sien groei is ongelooflik," het Charlene gesê. "Dit verander jou lewe vir altyd."

"Hulle is pragtig en baie aktief. Hulle gesigte verander elke dag. Té mooi vir woorde!"

Lees die volledige artikel hier