Prinses Charlene van Monaco het oor die naweek ’n saffier aandrok na ’n liefdadigheidsfunksie toe gedra.

Die elegante 35-jarige prinses het alle oë op haar gehad toe sy by die gala ten bate van outisme-navorsing opgedaag het. Haar man, prins Albert (55), was aan haar sy. Die prinses, wat in Zimbabwe gebore is en in Suid-Afrika grootgeword het, is die voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Monaco Against Autism, wat verlede jaar gestig is.

Sy het haar uitrusting afgerond met donkerblou-en-silwer hakskoene, ’n silwer palmtas en diamant-oorbelle.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok, of nie?

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Charlene het ’n kontrasterende lip gekies en haar kort hare in ’n sjiek styl agteroor gedra. Kyk hier hoe jý meer oemf vir jou kort kapsel kan kry.

Wat sê Fanie?

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê die volgende oor Charlene se uitrusting:

"Ons ken vir Charlene as iemand wat stylvol en subtiel aantrek. Met dié blou fluweelrok wys sy weer vir die wêreld haar koninklike styl. En daar is ook Grace Kelly-elemente aan hierdie voorkoms. Die kleur is baie mooi. Wat besonder mooi is van dié rok, is die manier waarop die materiaal beweeg terwyl sy stap.

Ek dink die halslyn kon bietjie laer gewees het. Dit sou haar breë swemmer-skouers en groter borslyn sagter laat lyk het. Die rooi lipstiffie is sexy en gee woema aan die hele voorkoms.

Ek dink sy lyk pragtig!"

Diana se rok

Die rok herinner aan die rok wat Diana in 1985 by die Withuis gedra het toe sy met John Travolta gedans het.

Klik hier vir dié bekende foto.