Prinses Charlene en prins Albert II se tweeling, Jacques en Gabriella, word op Moedersdag in die Monaco-katedraal gedoop. Dié nuus is op die monargie se amptelike Facebook-blad bekend gemaak. 

Die seremonie vind Sondag 10 Mei (om 10:30 vm) in die teenwoordigheid van die koninklike familie van Monaco plaas, en die Wittstocks van Suid-Afrika sal ook daar wees.

FOTO: Facebook   Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco FOTO: Facebook
Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

Jacques se peetouers is Christopher le Vine en Diane de Polignac Nigra. Gareth Wittstock (Charlene se broer) en Nerine Pienaar (oud-Springbokkaptein Francois Pienaar se vrou) is Gabriella s'n.

Die hele doopseremonie sal op Monaco se Info-kanaal op die prins se amptelike Facebook-bladuitgesaai word.

FOTO: Facebook  Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco FOTO: Facebook Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

Die koninklike tweeling word ook Sondag vyf maande oud.

Lees ook