Die legendariese Grace Kelly het ’n goeie verhouding met die ikoniese filmmaker Alfred Hitchcock gehad en ook in drie van sy rolprente gespeel. Die laaste Hitchcock-film waarin sy gespeel het, To Catch a Thief, is 58 jaar nadat dit die eerste keer bekendgestel is, wéér uitgesaai.

Dié geleentheid is deur die mode-ontwerper Ralph Lauren gehou om fondse in te samel vir die Prinses Grace stigting. Prinses Charlene het dié geleentheid namens die koninklike familie bygewoon en het ’n wit moulose eenstuk gedra.

Nou kan jy jou mening gee - is prinses Charlene se voorkoms ’n treffer of n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Getty Images / Gallo Images Andrew, sy ouers Ricky en Ralph Lauren, by prinses Charlene van Monaco                               FOTO: Getty Images / Gallo Images

Die lokprent van To Catch a Thief - die laaste Hitchcock-film waarin Grace Kelly gespeel het voor haar dood:

Bron: Daily Mail