Of jy nou Taylor Swift, Bobby van Jaarsveld of oud-president Barack Obama is, stap prins George en prinses Charlotte die vertrek binne gaan hulle beslis die kollig steel. En dis presies wat die naweek weer gebeur het!

Saterdagoggend was dit die jaarlikse Trooping of the Colour-plegtigheid waartydens koningin Elizabeth II se verjaardag amptelik in Londen gevier word. Al vier geslagte van die Britse koninklike familie was by die tradisionele militêre parade waaraan 1 500 offisiere en 300 perde deelgeneem het.

Hier is die jong prins en prinses op die balkon:

Die oulikste foto-oomblikke: