Andrew Morton (58) en sy vrou Carolyn (51) was op hul wittebrood toe hulle gister (19 November) in 'n  kop-aan-kop-botsing naby die Kruger Wildtuin ernstig beseer is. 'n Vrou en baba in 'n tweede voertuig is in die ongeluk dood. Só berig www.dailymail.co.uk vandag.

Hulle was op pad terug huis toe ná 'n 2 weeklange wittebrood in Suid-Afrika. Volgens berigte is Morton steeds in die hospitaal, maar Carolyn is reeds ontslaan.

Morton se biografie, Diana, Her True Story - In Her Own Words, het reeds in 1992 verskyn, maar het veral ná haar dood weer opspraak gewek met die onthulling van 7-uurlange bandopnames van haar geheime onderhoude in 1991 met Morton in Kensington-paleis.

Hy was ook die skrywer van biografieë oor William en Catherine, Monica Lewinsky én die Beckhams.