Dis ’n feit soos ’n Jersey-koei: Wanneer dit by partytjies kom, haal die sterre uit en wys. 

Die voormalige Mej. Wêreld en Indiese aktrise Priyanka Chopra het weer die internet aan die gons.

Priyanka, wat een van die dae met sanger Nick Jonas gaan trou, het onlangs ’n henneparty in Amsterdam, Nederland, saam met vriende en familie gehou.

Maar dis haar rok, ’n skepping deur die Lebanese ontwerper Georges Chakra, wat al die aandag getrek het. By die superkort rokkie het sy ’n bypassende kimono en jas gedra.

Talle aanhangers het kommentaar op Instagram gelewer – en die meeste kan nie uitgepraat raak nie!

View this post on Instagram

Red, white and Bride!!! #Bachelorette

A post shared by Priyanka Chopra (@priyankachopra) on