Dié wyshede wissel van omstrede onderwerpe soos rassisme en voorhuwelikse seks en werksonderhoude tot liefde, motivering en inspirasie.

Hier is die 15 brokkies waarvan ons die meeste hou:

  • Wees versigtig vir mense wat jou hulle vriend noem, hulle soek gewoonlik iets...
  • Hier is die geheim om groepsdruk te hanteer, beweeg in die regte groepe...
  • Moenie arm mense met baie kinders veroordeel nie, dit is dalk hul enigste geskenke...
  • Leer meer as een taal, dit kan jou liefdeslewe baie goed doen...
  • In plaas daarvan om in vorms die blokkies wat oor ras handel in te vul, skryf langsaan, MENS...
  • Seks is oppervlakkig sonder liefde...
  • Maak nie saak wat met jou lyf gebeur nie, maak seker jy bewaar jou siel...
  • Dit is jou, en elke generasie, se verantwoordelikheid om beter te doen as jul ouers...
  • Vertrou jou instink, dit is meestal reg...
  • Ek ken nie ’n groter vreugde as om geld te gee vir iemand wat dit regtig nodig het nie...
  • Indien jy vermoed jy is die werk aangebied omdat jy van kleur is, wys dit van die hand, jy het mos selfrespek...
  • Mense wat hard praat en aggressief raak is gewoonlik bang vir iets, vind uit wat en wen hom so...
  • Maak nie saak wie jou gehoor is nie, praat eenvoudig; mense wat groot woorde gebruik, is onseker van hulself.
  • Moenie mense wat selfmoord gepleeg het veroordeel nie, hulle is dalk die eerlikste van almal...
  • As jou geliefde ’n hand lig om jou seer te maak, los hom/haar permanent, want dit sal weer gebeur...

Volg Prof Jansen op Twitter

Volg SARIE op Twitter en Facebook