Tom Hanks het gister 58 jaar oud geword en vir dié geleentheid die oulike foto van homself op die sosiale media platform Who Say gedeel.

Tom, wat al in sy lang loopbaan vir 4 Oscars benoem is en 2 gewen het (vir sy rolle in Forrest Gump en Philadelphia), is in 1956 in Kalifornië gebore. Sy ma, Janet, van Portugese afkoms, het in die hospitaal gewerk en sy pa, Amos, was ’n kok. Hulle is later geskei en Tom noem sy kinderjare "deurmekaar" omdat hy so baie moes rondtrek.

Tom het sy loopbaan op die verhoog begin en in alle aspekte van toneel gewerk - van beligting, verhoogontwerp tot toneelspel self. Hierna het hy in TV-reekse gespeel en later die filmwêreld betree.

Tom Hanks

Hy is in 1978 met die Amerikaanse aktrise Samantha Lewes getroud en in 1987 geskei. Hulle het twee kinders saam, Colin (ook ’n akteur) en Elizabeth. Die jaar ná die egskeiding is hy met aktrise Rita Wilson getrou nadat hulle op die stel van die TV-program Bosom Buddies ontmoet en later saam op die film Volunteers gewerk het. Die paartjie het twee kinders, Chester "Chet" Marlon (wat ’n klein rol in Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull gehad het en ’n liedjie in 2011 uitgereik het) en Truman Theodore.

Tom is ook ’n tipe 2-diabeet - lees meer hier. 

Nóg kinderfoto's van bekendes