Die jaarlikse Durban July-perdewedren vind dié naweek plaas en jy sal nie glo wie Mej. SA Rolene Strauss se metgesel vir dié geleentheid is nie!

Rolene, wat oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga kom, het ’n foto van die jong knaap by ’n vulstasie geneem en op Facebook gedeel. Só lyk hy.

Rolene Strauss se metgesel by vanjaar se Durban July FOTO: Facebook Rolene Strauss se metgesel by vanjaar se Durban July
FOTO: Facebook

"Dis my beste vriend sedert hy gebore is, beautiful hunk," het sy op Facebook by die foto geskryf. Maar moenie bekommerd wees nie, die Mej. SA breek nie die kompetisie se reëls nie ... "My een en enkele broer!" het sy die onderskrif geëindig.

Rolene se 21-jarige broer Johann is, soos sy suster, ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat.