Lynette Francis het onlangs op Twitter bekend gemaak dat sy swanger is.   Lynette het op Vrouedag bekend gemaak dat sy swanger is met haar eersteling.

Dié 44-jarige radio- en TV-persoonlikheid vertel aan Beeld dat sy eers nie geglo het dat sy swanger is nie - dié nuus het eers ná ’n paar swangerskaptoetse en sonars ingesink. Sy is 23 weke swanger.

Lynette is nog geheimsinnig oor die geslag van haar eersteling en wie die baba se pa is, maar beide ma en pa is glo opgewonde vir die pienkvoet se koms. Lynette vertel aan Beeld:

Ons het onlangs gesien hoe die baba duimpie suig en voetjies vryf – dis soos ’n wonderwerk wat voor jou oë afspeel.
Nadat Lynette dié nuus bekend gemaak het, het talle van haar volgers op Twitter hul gelukwensings gestuur.

Lees die volledige berig op die Beeld se webblad HIER.

Bronne: Beeld, Twitter