Of jy van Rafa op die tennisbaan hou of nie, maak nie saak nie: jy sal vir seker van dié advertensies hou! Dáái lyf is smeulend in ’n reeks swart-en-wit foto’s wat Armani se nuwe onderklere-reeks bemark. Giorgio Armani voel Rafael is perfek vir die veldtog omdat hy ’n gesonde en aktiewe leefstyl vir jongmense bevorder. Rafael sal ook in die Lente/Somer-reeks te sien wees saam met Megan Fox, wat al van 2009 af ’n gesig vir Armani is. Vir meer inligting besoek www.armani.com