Tennis-ster Rafael Nadal (28) is die nuwe handelsmerk-ambassadeur van Tommy Hilfiger. Só berig Women's Wear Daily.

Hy verteenwoordig die onderklere- en die snyersmode-afdeling in dié 2-jaar-kontrak wat hy pas met Hilfiger onderteken het. Bronne meen dié ooreenkoms is tussen $3 miljoen en $4 miljoen werd.

"Rafa is 'n jarelange vriend van ons en ons handelsmerk. Sy passie vir sy sport is inspirerend," het Hilfiger gesê. Dit is nie die eerste keer dat Rafa model speel nie. In 2011 het hy saam met Megan Fox in Emporio Armani se onderklere- en jeans-veldtogte veskyn. Rafael-Nadal-Armani-DESIGNSCENE-net-021 Rafael vir Emporio Armani in 2011 rafael_nadal_emporio_armani-580x797Lees die volledige artikel hier