Net gister het SARIE.com ’n onderhoud met Nicholis Louw gepubliseer waarin hy oor sy verloofde en troue later vanjaar gesels. Nou het Ray Dylan ook bietjie van sý trouplanne verklap.

Roy het aan SARIE.com gesê dat hy en sy verloofde, die model en aktrise Bianca Homeier, wel later vanjaar voor die kansel gaan staan. Presies wanneer is nog ’n geheim vir die publiek.

Bianca Homeier FOTO: Twitter  @biancahomeier  Bianca Homeier
FOTO: Twitter @biancahomeier

Hy spot, dat anders soos die Krone-konsert waarin hy saam met Kurt Darren, Nicholis Louw, Snotkop en Heinz Winckler optree, hulle ongelukkig nie 5 000 gaste by hul troue kan hê nie.

krone

Kurt praat oor Krone – lees meer hier

Ray geniet dié konserte omdat daar soveel kameraadskap tussen dié 5 manne is. "Soms trek ons sommer mekaar se skoene aan, want ons het letterlik net ’n paar sekondes tussen van die liedjies."

"Dis anders as ander konserte, want daar is nie net stres nie, ons het baie pret agter én op die verhoog!"

Hy werk ook aan projekte in sy ateljee - onder andere aan ’n groot Roy Orbison-projek, verder toer hy nog met sy country-vertonings en 4Werke.

FOTO:  Facebook  Ray as Roy
FOTO: Facebook

*Krone sal op 26 Julie by Carnival City in Johannesburg en op 1 November by Grand West Casino in Kaapstad te siene wees. Kunstenaar soos moniQue, Elizma Theron, Manie Jackson, NRG en Anders maak ook ’n verskyning.

Kry jou kaartjies by Computicket.