Die lede van ’n Bloemfonteinse band, Collin Street, is goeie vriende met Rian, en hulle het hom gevra om in dié video te verskyn. Dit gaan oor ’n ou in ’n kroeg van wie niemand eintlik hou nie. Hy het nooit grootgeword nie en dink sy jongmensstreke gaan hom uit die moeilikheid uit hou as grootmens. Die liedjie se naam is Heels of Steel en dié video sal einde Februarie op MK te sien wees. Rian het al voorheen ook sy lyf akteur gehou. Hy was twee keer vlugtig in Isidingo te sien, een keer as ’n joernalis en die ander keer moes hy ’n tent aflewer. Hy het een keer homself gespeel in Egoli. Agter die skerms by die musiekvideo Agter die skerms by die musiekvideo