genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie, plus ekstra om oor

• steaks te gooi

• 500 g bruinsampioene, gehalveer

• 3 takkies tiemie

• 250 ml room

• sout en varsgemaalde swartpeper

• sap van 2 suurlemoene

• 6 ribsteaks aan die been

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpot. Voeg sampioene by en roerbraai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg tiemie en room by. Verlaag hitte en laat stadig prut tot dik romerige sous, sowat 5 – 8 minute. Geur goed met sout en peper.

Sprinkel ekstra olyfolie en suurlemoensap oor steaks. Geur goed. Verhit riffelpan tot vuurwarm. Braai steaks sowat 5 minute per kant vir mediumgaar – of korter of langer, na gelang van hoe gaar jy dit verkies. Sit warm voor met sous.