Die bekende Grammy-wenner Rihanna het besluit om haar donkerkop te verruil vir platinumblonde hare. En ons is mal daaroor!

Rihanna is nie bang om die kleur van haar hare te verander nie. Sy was al bruin, swart, rooi en selfs grys.

Blessed&Thankful #4evaaevaaa

A photo posted by @mdollas11 on

Sy is nie al bekende wat vanjaar haar hare platinumblond gemaak het nie - dink Taylor Swift, Rooney Mara, Jennifer Lawrence en Kristen Stewart.

Voel jy ook lus om jou hare platinumblond te kleur?

Hiér’s 6 dinge wat jy móét weet:

? Dié skakering is gewaagd en pas die beste by ’n ligte gelaatskleur met ’n koel of pienk ondertoon. Op ’n donkerder gelaatskleur kan dit jou gesig maklik vaal, uitgewas en ouer laat lyk. Lees hiér vir wenke om jou velondertoon binne vyf minute te bepaal!

? Hoe donkerder jou hare, hoe meer kleursessies (tot 3 salonbesoeke) gaan dit neem om dit platinumblond te kry omdat jou hare eers geleidelik ligter gebleik moet word voordat die stilis dit kan kleur.

? Tydens die bleikproses word die kutikel (die buitenste deel van jou hare) beskadig en veroorsaak so dat vog makliker uit jou hare ontsnap. Wanneer jy jou hare was, gebruik ’n bevogtigende sjampoe en opknapper om vog terug te sit.

Vir die volledige storie, klik hier.

Lees nou

Meghan Markle die meeste gegoogle

VIDEO: Cruz Beckham sing nou ook!

Wenke vir padveiligheid